WK Oewerstories - Kromrivier

WK Oewerstories - Kromrivier

WK Oewerstories

26/07/2021 6:54PM

Episode Synopsis "WK Oewerstories - Kromrivier "

Saterdag, 24 Julie 2021Dis tyd vir ons Weskus manne, vroue, en kinders om bymekaar te kom vir 'n ysige koue klub kompetisie te Kromrivier net buite Malmesbury. Elkeen hengel maar aleen, en daar word nie soos vantevore rongeloop tussen penne met ons media span wat kan fotos neem en stories vertel nie.Elke hengelaar volg die streng Covid reels, en met temperature wat geneem was met die aankoms vroeg oggend, kan mens sien daar is 'n tekort aan koffie om die liggame te ontdooi. 06:30 trek ons weg na ons penne wat vroer in die week elektronies en deur middel van whatsapp video aan ons gegee was. Kopliggies aan, koffie flesse uit, en waders bo ons 2 pare broeke en 5 pare sokkies, is ons aan die gang met die buite temperatuur van 0 Grade Celsius. Met die blaas van die hooter is dit almal se voerbole en ase wat gelyk die water slaan, en dood stilte darna. Almal wag angstig vir die 1ste katrol wat skree. Die wat al daar gehengel het weet sommer dit kom vinnig! Maar met die koue is Kromrivier se vissies glad nie aktief nie. Vandag is nie 'n kwessie van goeie of ervare hengelaars nie, maar net pure geluk. Saak van gebed op die kaarte is al wat ons aan gedink het. Hier en daar was 'n verlore vissie wat kom selfmoord pleeg het. Sug van verligting vir elkeen wat wel daarin kon slaag om selfs net 1 vissie in hul net te kry, en vir die wat bietjie meer gesukkel het, sal oor 'n maand terugkeer en weer die moelike waters aanvat🎣Baie geluk on ons top 3 seniors vir die dag:1. Anthony Andonimuthu2. Andre Snyman3. Gerhard de Kock Wenner van die junior dames:Zhaskia CarlseHengelgroeteWeskus Varswater Hengel Klub

Listen "WK Oewerstories - Kromrivier "

More episodes of the podcast WK Oewerstories