Listen "elegie vir Patrick Petersen"
Episode Synopsis
elegie vir Patrick Petersen*
ek’s ‘n doodgewone ou
wat die reënboogkleure meng
en ‘n huldeblyk verf nét vir jou
só swaar om protes en pyn
deur jou pen te voel vloei
tog was dit vir joú
ver verhewe bo vers en kwatryn
noú wil ek jou prentjie skilder
op ‘n doek wat nooit sal afskilfer
want ál onthou ek
die gehuil van ‘n pen
versteen in ‘n oomblik
toe bloed en metaal meng
weet ek ook jỳ
kon jou oë in vrede sluit
met jou laaste huistoery
* Patrick Petersen was ‘n dominee, digter en uitgewer. Hy is op 7 Junie 1997, in ‘n motorongeluk dood. Sy dood was deur vriende en mede-skrywers met agterdog begroet.
© Selwyn Milborrow, 2021
ek’s ‘n doodgewone ou
wat die reënboogkleure meng
en ‘n huldeblyk verf nét vir jou
só swaar om protes en pyn
deur jou pen te voel vloei
tog was dit vir joú
ver verhewe bo vers en kwatryn
noú wil ek jou prentjie skilder
op ‘n doek wat nooit sal afskilfer
want ál onthou ek
die gehuil van ‘n pen
versteen in ‘n oomblik
toe bloed en metaal meng
weet ek ook jỳ
kon jou oë in vrede sluit
met jou laaste huistoery
* Patrick Petersen was ‘n dominee, digter en uitgewer. Hy is op 7 Junie 1997, in ‘n motorongeluk dood. Sy dood was deur vriende en mede-skrywers met agterdog begroet.
© Selwyn Milborrow, 2021
More episodes of the podcast Dis Hoeveel Ek Weet
Gedicht: enkel jij
23/06/2021
Gedig ‘Tot hier toe dan, Pa’ - Diana Ferrus
18/06/2021
Gedig: ‘Uncle Jakob’ deur Diana Ferrus
18/06/2021
Gedig: “Die jas” deur Diana Ferrus
17/06/2021
Gedig: belydenis in die skemering
17/06/2021
gedicht voor ma
15/06/2021
Gedig: belydenis in die skemering
15/06/2021
Gedig: drie briewe uit die tronk
15/06/2021