Gedig: drie briewe uit die tronk

15/06/2021 1 min

Listen "Gedig: drie briewe uit die tronk "

Episode Synopsis

drie briewe uit die tronk

brief een: 
ma,
stemme tussen gister en vandag
eggo tussen hierdie mure

my enigste innocence is
my baba foto teenaan my bors
maar moenie huil nie ma –
ek’s ge-rehabilitate
ek kom binnekort uit!

brief twee:
babes,
ek verlang jou en
ons break-ups en make-ups
want daai song sê mos
‘you’ve got to break up to make up’

… ek wil jou nog vat vir long walks
en myself soak in jou,
maar somehow worry ek
ons flame gaan kwyn
of met ‘n prison riot verdwyn

brief drie:
Here,
perform een van jou miracles
want ek’s uit-en-uit ge-rehabilitate
for Christ’s sake,
kry my uit hierdie hel uit!

© Selwyn Milborrow, 2021