Gedig: belydenis in die skemering

17/06/2021 0 min

Listen "Gedig: belydenis in die skemering "

Episode Synopsis

belydenis in die skemering
(vir Elisabeth Eybers, 1915-2007)

ongemaklik was jou skemeruur
toe jy die sout in jou trane
oor jou moederland moes verduur

en toe jou seun heengaan
het die lewe sy naelstring
soos ‘n grafsteen teen jou vasgeslaan

met jou loopraam het jy nagte deurkruis
en sitplek gevind op jou laaste busrit
na amstel, jou nuwe huis

* Die gedig is opgedra aan Helize van Vuuren, voormalige professor aan die Nelson Mandela-Universiteit.
Sy was ontvanger van die Elisabeth Eybers-studiebeurs in 2010.

© Selwyn Milborrow, 2021