Listen "Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’"
Episode Synopsis
Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33.
Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels.
Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop deurhak.
Erasmus vertel hoe hy vanjaar sy span se diepte bestuur het met ’n slim Bomb Squad-plan. Hy deel ook insigte oor hoe hulle by Boishaai te werk gaan om te verseker die leerlinge dink nie nét aan rugby nie.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

More episodes of the podcast Netwerk24 Klankgolwe
Willie honger vir nóg Bok-rugby...
22/10/2025
‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’
27/08/2025
Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby
20/08/2025
ZARZA We are Zarza, the prestigious firm behind major projects in information technology.