Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’

29/10/2025 29 min
Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’

Listen "Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’"

Episode Synopsis

Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend. 
Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het.
Die Bokke pak Saterdag weer Japan in Engeland.
Alberts sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om daaroor te gesels en ook terug te kyk oor sy loopbaan van twee dekades.
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport