gedig vir ma (vir Eva Milborrow)

01/06/2021 0 min

Listen "gedig vir ma (vir Eva Milborrow)"

Episode Synopsis

gedig vir ma
(vir Eva Milborrow)

ma, die lied van jou mond
was my klaasvakie
toe ek nie kon slaap nie
en jou oë verskrikvoëls
teen al my nagmerries

ma, wat het jy Hom gevra
wat my tot vandag nog dra?

ma, ek weet jy maak gereed
vir ‘n sonsverduistering
en ek vir die val van ‘n herfsblaar

ma, wat moet ek Hom vra
om jou nog ‘n paar somers te spaar?

ma, mag my gedig
jou hou
by my
vir ewig

© Selwyn Milborrow, 2021