be.meester - Supervet

10/08/2018 40 min
be.meester - Supervet

Listen "be.meester - Supervet"

Episode Synopsis

Wat is die geheim agter jou sukses? Dit is die basis van my onderhoud met Dr Hendrik Meyer en hy meen dat een van die sleutels tot sy sukses daarin lê dat hy poog om nooit werk te laat oorstaan tot môre nie.

Dit verg dus doelgerigtheid in jou aksies en wanneer jy besef dat sukses 'n ketting van goeie besluite is sal jy sien dat sukses oor jare heen behaal word, daar dus nooit 'n oomblik wanneer jy skielik suksesvol word nie.

Hierdie is van die wysheid wat hy in sy onderhoud met my deel. Luister na die volle onderhoud vir meer advies wat jy in jou onderneming kan toepas.

Dr Hendrik is 'n veearts in Boksburg Noord, 'n boer en hy het die Vet's Choice hondekos handelsmerk begin (en later suksesvol verkoop), en tans besit hy 'n aandeel in die Supervet hondekos handelsmerk.