Waarvoor wag jy nog?

05/09/2019 45 min

Listen "Waarvoor wag jy nog?"

Episode Synopsis

Al ooit gewonder hoekom Jesus dikwels mense ferm vermaan het om nie te gaan vertel wat met hullegebeur het nie? Was dit dan nie die punt dat almal in Hom sal glo nie?Jesus het nooit enige genesing op dieselfde manier gedoen nie. Vir Hom was genesing meer as bloot diegesondmaak van simptome. Hy wou altyd die oorsaak gesond maak. Daarom word die melaatse man gevraom eers na die priester toe te gaan om die kwarantyn op te hef sodat hy weer toegelaat word om deel vandie gemeenskap te wees. Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En symelaatsheid was onmiddellik weg. Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wysjou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het” (Matt 8:1-5).Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar hulle belet om in dieopenbaar oor Hom te praat (Matt 12:16). Hier het Jesus ʼn skare mense genees, tog gebruik Hy nie diebonatuurlike om nog meer mense te trek nie.Jesus vra Sy dissipels: “Wie sê julle is Ek?” Nadat Petrus openlik verklaar en erken dat Hy die Messias is,word hulle beveel om dit nie oor te vertel nie. Is dit dan nie die doel dat mense sal weet dat Hy die Messiasis nie? Dis tog waaroor redding gaan – dat elke mens sal glo dat hy die Christus is? Toe het Jesus sy dissipelsbeveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie (Matt 16:20).Die verheerliking op die berg is ʼn klinkklare bewys van Sy goddelikheid. Mense is natuurlike twyfelaars.Hoekom net ʼn paar dissipels toelaat om dit te beleef? Sou die Fariseërs en al Sy vyande dan nie tot inkeerkom as hulle sou sien wat hier gebeur het nie? Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel:“Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek isnie” (Matt 17:9).Een van die mees skouspelagtige wonderwerke wat Jesus gedoen het, was die genesing van die doofstomman. Die man het nie net sy gehoor ontvang nie, maar God het sy spraak in een oomblik herstel. Al souiemand se gehoor herstel, sou dit ʼn spraakterapeut maande neem om die persoon te help om reg te kanpraat. Sy ore het dadelik oopgegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat.Jesus het die mense belet om dit vir iemand anders te vertel, maar hoe meer Hy hulle belet het, hoe meerhet hulle dit verkondig (Mark 7:36).Baie mense het gewonder oor Jesus, maar die duiwels het presies geweet wie Hy was. Is daar nie ʼn groterbewys van Sy bediening en egtheid as dat die duiwels Hom herken nie? Maar Jesus het hom skerpaangespreek: “Bly stil en gaan uit hom uit” (Mark 1:25).Jesus het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp gelei, hom in die geheim genees en homtoe boonop belet om dit vir iemand anders te vertel (Mark 8:26, 30).Die egtheid van die evangelieskrywers se getuienis word bevestig deur die nuttelose inligting wat nieweggelaat is nie. Die feit dat Jesus vir hulle opdrag gee om vir die kind iets te ete te gee, dien geen doelnie. Tog maak dit die stories eg en geloofwaardig. Weereens ʼn perfekte geleentheid om mense te oortuig.Jesus probeer nie mense beïndruk met ʼn grootheidswaan nie. Haar ouers was stom van verbasing, en Jesushet hulle verbied om vir iemand te vertel wat gebeur het (Luk 8:56).Die hoogtepunt van Jesus se gewildheid is toe Hy die skare kos gee. Toe die mense die wonderteken sienwat Jesus gedoen het, het hulle gesê: “Hy is werklik die Profeet, die Een wat na die wêreld toe moes kom.”Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hyalleen (Joh 6:14-15).Weereens vlug Jesus van die aanstelling van mense, die aanbidding van mense. Hy wil ons daarvan bewusmaak dat daar iets dieper is as genesing, wonderwerke en voedselvoorsiening. Al hierdie di