Herdenk die Nagmaal as jou Bevrydingsmaaltyd

20/04/2025 56 min

Listen "Herdenk die Nagmaal as jou Bevrydingsmaaltyd"

Episode Synopsis

Die volk Israel, vasgevang as slawe in Egipte. Hulle werk hulleself dood, kry geen respek, geen regte, niks. Toe stuur God vir Moses om hulle uit slawerny te lei. Net voor hulle vry kom, gee God vir hulle ’n spesiale ete: die Pasga. Hulle moes ’n perfekte lam slag, die bloed aan hulle deurposte smeer, en die ete eet soos mense wat reg is om op ’n oomblik se kennis te vlug. Daardie nag beskerm God elke huis met bloed aan die deur, en Egipte sê uiteindelik: “Gaan!”Daardie maaltyd was nie net kos nie – dit was bevryding op 'n bord.Net voor Sy kruisiging hou Hy ook ’n Pasga-maal met Sy vriende. Maar Hy gee dit ’n nuwe betekenis:🫓 “Hierdie brood is My liggaam.”🍷 “Hierdie wyn is My bloed.”Hy sê eintlik: “Ek is die ware Lam. Hierdie hele storie het na My toe gewys.”Destyds het die mense uit slawerny in Egipte gekom. Nou sê Jesus: “Ek kom jou losmaak van iets nog dieper – sonde. Die goed wat jou vasvang: skuld, skaamte, verslawing, leë godsdiens, seer herinneringe, vrees, en die gevoel dat jy nooit goed genoeg is nie.”So... wanneer ons Nagmaal gebruik, is dit nie net ’n kerk-gewoonte nie - dis ’n bevrydingstafel. Jy is nie meer ’n slaaf nie.Jy’s vry. Jy’s gesalf. Jy’s my kind.