Alles Uniek Potgooi

Alles Uniek Potgooi

Por: Henriete
Ons gesels oor ons verhouding en groei met Jesus Christus. Ons stop gereeld hier, want dit is hier waar ons leer wat saak maak. Waaroor als regtig Gaan.Mag elke potgooi God verteenwoordig, Hom Al die eer gee en ons Nader aan Hom bring.Ons gesels oor die Woord van God, ons bid saam en ons Worship saam. Ons gesels oor heel word, vol word en weer vol blydskap word.Ons huidige programme sluit in:🎙️Joernaal van 'n oorwinnaarVerskeie aanbieders deel met ons hul eie unieke stories van oorwinning, waaruit jy in Jou daaglikse lewe kan baatvind en leer dat daar ook oorwinning vir jóú is.🎙️Gevorm deur die PottebakkerStories uit die werkswinkel van 'n pottebakker, waar ons leer wat dit regtig beteken om gevorm te word deur die Ware Pottebakker. Feite wat Jou anders laat begin kyk na ons liefdevolle Vader. Christelle vertel vir ons in diepte meer oor die geheimenisse rondom pottebakkery. Fisiese en geestelik.🎙️Alles Uniek BoekklubOns gesels met uitgewers, skrywers en verkopers oor die nuutste boeke of top-verkopers.Inhoud van boeke, skrywers, stories en meer word bekend gestel.Hier hoor ons nie net van fiksie tot ware verhale nie, maar leer ken die dieper stories agter elke skrywe.Alles Uniek. Alles vir Jesus Christus.Mattheus 6:33Soek allereers die Koningkryk van God en Sy geregtigheid en Al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.
44 episodios disponibles

Latest episodes of the podcast Alles Uniek Potgooi