Ep.43 - (Afr.) - Is jy 'n roeper, of 'n slaper?

02/12/2020 5 min Temporada 1 Episodio 43
Ep.43 - (Afr.) - Is jy 'n roeper, of 'n slaper?

Listen "Ep.43 - (Afr.) - Is jy 'n roeper, of 'n slaper?"

Episode Synopsis

Mat 25:1  Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. Mat 25:2  En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. Mat 25:3  En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Mat 25:4  Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. Mat 25:5  En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. Mat 25:6  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Mat 25:7  Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. Mat 25:8  En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Mat 25:9  Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. Mat 25:10  En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Mat 25:11  Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! Mat 25:12  Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Mat 25:13  Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.