Listen "Wat is mense se probleem met Manie?"
Episode Synopsis
’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev.
In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die Aussies.
Du Plessis praat ook oor sy groot geveg.
Hy sê hy weet hy kan sterf in die agthoek.
“En dit sal my glad nie pla nie. As dít die laaste ding is wat ek doen, sal dit ongelooflik wees. Ek sien nog nie ’n lewe ná dié geveg nie,” sê Du Plessis.
Ons praat oor Rassie Erasmus se spankeuses vir die Wallabies – en ons almal reken hy het raakgevat met Manie Libbok op losskakel. Ons wonder maar net: Hoekom is Bok-aanhangers altyd so vies as Libbok op nr. 10 begin?
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport

More episodes of the podcast Netwerk24 Klankgolwe
Willie honger vir nóg Bok-rugby...
22/10/2025
‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’
27/08/2025
Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby
20/08/2025
ZARZA We are Zarza, the prestigious firm behind major projects in information technology.