Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

07/11/2025 2 min
Woord vir Vandag - 30 Nov 2025

Listen "Woord vir Vandag - 30 Nov 2025"

Episode Synopsis

“Jy sien self daar is meer hoop vir ‘n dwaas as vir iemand wat praat sonder om eers te dink.” Spreuke 29:20 NLV

Moenie te vinnig praat nie

Wanneer jy te vinnig praat, dra jy die verkeerde boodskap oor en kry resultate wat jy nie wil hê nie. Dis veral waar wanneer ons vir die beste onderhandel. Om impulsief en te veel te praat is nie tekens van krag nie, maar van swakheid en onsekerheid. Hier is ‘n verhaal wat hierdie punt illustreer: ‘n Jong rekenaarverkoper genaamd Kurt was verheug toe een van sy besigheidskliënte belangstelling begin toon om ‘n gebruikte rekenaarstelsel te koop - een wat Kurt twee jaar gelede geïnstalleer het, maar wat onlangs met nuwe sagteware ‘n opgradering ondergaan het. Ná noukeurige konsultasie met sy hoofkantoor het Kurt ‘n prys van $800,000 vir die gebruikte stelsel vasgestel en al sy redes vir daardie bedrag skriftelik gedokumenteer. Toe hy gaan sit om met sy kliënt te begin onderhandel, het hy ‘n innerlike stem gehoor wat sê: ‘Wag. Laat hulle eerste die praatwerk doen.’ Die kliënt het vinnig die stilte met ‘n lang samevatting van hul eie navorsing oor hierdie spesifieke rekenaarstelsel se sterk- en swakpunte, die ouderdom van die toerusting en die behoefte aan nuwe sagteware, begin vul. ‘Kan jy die opgegradeerde sagteware by die transaksie insluit?’ het een van die kliënt se spanlede gevra. ‘Sekerlik,’ het Kurt geantwoord. Die kliënt het daaroor nagedink en gesê: ‘Ons sal jou $950,000 vir die stelsel gee, maar nie ‘n sent meer nie.’ Minder as ‘n uur later is die papierwerk afgehandel en Kurt het met ‘n baie beter prys as waaroor hy ooit kon droom, weggestap, nadat hy weinig meer as hallo gesê het. Die apostel Jakobus skryf: ‘My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie’ (Jakobus 1:19 NLV).